Rhizobium, ‘n bakterie wat binne plantselle voorkom, verseker dat daar aan die plant se stikstofbehoeftes voldoen word. Stephan Downy van AECI Plant Health gesels vanoggend oor die gebruik en bestuur van rhizobium by peulgewasse soos sojabone.
Verder brei Tobias Doyer van Graan SA uit oor die plaaslike graanbedryf en die impak van die swakker graanseisoen op die verbruiker. Hy gee ook raad aan produsente oor belangrike besluitneming.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health
AECI Plant Health is ‘n gediverdifiseerde groep. Hul produkte en dienste word aan ‘n breë spektrum van kliënte verskaf in die mynbou, waterbehandeling, plant- en dieregesondheid, voedsel en drank, infrastruktuur en lagemene industriële sektore.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.