In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die toekenningsfunksie van die 29ste Samic Nasionale Karkaskompetisie, SA Knoffelkwekersvereniging se konferensies en ontvang die nuutste landbounuus.
29ste Samic Nasionale Karkaskompetisie
Die toekenningsfunksie van die 29ste Samic Nasionale Karkaskompetisie het vanjaar weereens die gehalte van die karkasse wat Suid-Afrikaanse veeprodusente lewer, in die kollig geplaas. Ons het daar met ‘n paar van die wenners gesels. Tom Westphal van Samic vertel ook van hul toekomsplanne en Lubbe Jacobs van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging, Safja, praat oor die waarde van hulle deelname.
SA Knoffelkwekersvereniging hou konferensie
Die SA Knoffelkwekersvereniging se voortbestaan is onder druk en een van die onderwerpe by hulle konferensie op 15 Oktober, is alternatiewe maniere om inkomste te genereer. Corrie Bezuidenhout vertel ons meer.
Nuutste landbounuus
Moet ook nie hierdie week se landbounuus misloop nie.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.




