28 September is Wêreld Hondsdolheidsdag. Volgens dr Didi Claassen van Afrivet is die toename van gevalle onder mens en dier ‘n saak van kommer. RSG Landbou gesels met haar oor dié soönotiese siekte in Woensdag se aflewering van dié program.
Wat kan gedoen word om die risiko van ‘n droë boorgat te verminder en die waterbron te beskerm? Altus Carstens van Raakwater Bore het tydens Nampo Kaap ‘n paar vrae oor boorgate beantwoord en RSG Landbou-luisteraars kan hoor wat hy te sê gehad het.
Daar is ook veilingsnuus. Mike de Kok van Hansu Bonsmaras brei uit oor hulle deelname as gasverkopers by die Mazel en Magaliesberg Bonsmaragroep-produksieveiling wat binnekort plaasvind.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health
Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.