Waarom is dit belangrik om vlieë op ‘n plaas te beheer? Dr Louis Boag van Elanco Dieregesondheid beantwoord in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou hierdie vraag. Luister nou na hierdie onderhoud.

OVK het ‘n paar weke gelede ‘n boeredag vir vroueskaapboere aangebied en RSG Landbou-luisteraars hoor by Christel Basson hoe hierdie behoefte ontstaan het. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna verduidelik dr Astrid Jankielsohn van LNR-Kleingraan vir RSG Landbou-luisteraars hoe sekere plaaginsekte meer suksesvol as ander is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.