Landbou juig oor die welkome reën wat in die Noord-Kaap ontvang is. In Donderdag se RSG Landbou, gee Koos du Pisanie meer besonderhede hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna kuier Carin Venter by Henco du Plessis, ‘n skaapboer van die bergagtige suurveld tussen Kareedouw en Humansdorp. Dié familie boer sedert die 1800’s in hierdie gebied en die bydrae is opgeneem tydens ‘n 4×4-uitstappie op die plaas. Luister na die lekker onderhoud op RSG Landbou.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook vandag op RSG Landbou. Hy gesels hierdie keer oor die verwikkelinge van die sonneblomprys. Luister nou na hierdie onderhoud.

Johan van den Berg gesels weersake en Chris Derksen vertel ons wat het hierdie week met vleispryse gebeur.  Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.