Saturday, September 14, 2024

RSG Landbou: 28 November 2023 – geborg deur Voermol Voere

Die waarde van suiwel by beengesondheid van bejaardes kom onder bespreking.Ons gesels met Christine Leighton van Melk SA hieroor in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Indien ‘n boer sy plaas aan iemand anders as sy vrou nalaat, maar hy haar lewenslange verblyfreg op die plaas wil verseker, dan word daar gewoonlik ‘n vruggebruikklousule in die testament ingeskryf. Dit maak egter die deur oop vir ‘n hele paar uitdagings. Een daarvan is dat dit wetlik as ‘n persoonlike serwituut beskou word en serwitute moet geregistreer word. Ons vind meer hieroor uit.

Daarna is Heinrich Victor weer op sy pos met dié week se wolmarkverslag.

Luister nou na dié opwindende onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Voermol voere

Voermol Voere het vir meer as 60 jaar boere in staat gestel om hul vee strategies te voer vir maksimum rendement op hul belegging. Voermol produseer ’n volledige reeks kwaliteit melasse gebaseerde produkte wat wetenskaplik gebalanseer is. Hierdie produkte voldoen aan al die voedingsbehoeftes van herkouers tydens verskeie produksie stadiums en op alle weiding tipes. Die kern van die proses is die strewe na doeltreffende diere produksie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories