Meer damme en ‘n beter metingstruktuur kan ‘n oplossing wees vir die vloede wat die afgelope twee jaar die produsente van die Benede Oranjerivier, ses keer geteister het. So sê Wilco Fourie van die Oranjerivier Landbou-unie. Hy brei in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou hieroor uit.
Ons vind ook by Carlo Nolte van Agri Noord-Kaap uit of nog ‘n sprinkaanplaag op pad is.
Dan het die Beefmaster Beestelersgenootskap vanjaar ‘n toer deur die Vrystaat aangebied en John Rafferty gesels met RSG Landbou-luisteraars oor die hoogtepunte.
Bulvoeding vir optimale produksie kom ook onder bespreking. Luister saam om te hoor wat Johan Mouton van Molatek te sê.
Heinrich Victor van OVK bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met nuus vanaf die laaste wolveiling, asook die invloed van internasionale markte.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.