Die toekoms van plantgesondheid sluit ‘n hele paar uitdagings in. Die opleiding van plantpatoloë, ondere andere, sal móét verander, om nie eers van die impak van klimaatsverandering te praat nie. Prof Wijnant Swart van die Universiteit van die Vrystaat brei in Maandag se aflewering van RSG Landbou hieroor uit.

Johan Janse van Rensburg van Oro Agri gesels op RSG Landbou oor die landboumaatskappy wat reeds in 1926 in Portugal begin is.

Dan is die Bloemskou bekend vir talle raskampioenskappe en Elmarie Prinsloo gesels met RSG Landbou-luisteraars oor vanjaar se skou wat op 27 April in Bloemfontein afskop.

Dis Maandag, so daar is natuurlik ook nuus oor veilings op RSG Landbou.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.




Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Oro Agri 

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Since 2002, Oro Agri’s approach is to work hand in hand with the farmer to systematically address each point of influence in the growing of crops in a sustainable and responsible manner. Many of the tools and techniques Oro Agri provides simply unlock nature’s potential and the genetic potential of the crop.