Vitamien A word deur sommige veeartse en voedingskundiges as die belangrikste vitamien met betrekking tot die behoefte aan aanvulling by herkouers, geag. Dr Johann Stadler van Antrovet brei in Woensdag se aflewering van RSG Landbou hieroor uit en verduidelik ook hoe tekorte geïdentifiseer kan word.
Dan, het jy geweet sampioene groei slegs organies? Jon Mac Gillivray van die Mikologievereniging van Suidelike Afrika het tydens ‘n staptoer in die Bathurst, Oos-Kaap-omgewing, met Carin Venter oor die voorkoms van sampioene en die toenemende belangstelling, gesels.
Lynne Roos van Aartappels SA gee terugvoer oor die aartappelmark vir die periode van Mei.
Daarna gee dr Ivan Meyer terugvoer oor die Wes-Kaapse energie-beraad wat vandeesweek plaasgevind het.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Antrovet. Besoek gerus hulle webwerf hier.
At Antrovet, we believe that all South African Farmers, from the emerging farmer to the intensive producer, should have access to top quality, affordable products, backed by exceptional service and availablity. We strive to exceed customer expectations regarding service and to provide products that enhance the health of animals and productivity to the farmer.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.