In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die rosyntjiebedryf wat onlangs weer die 100 000 ton merk gehaal het en Voermol Voere gee raad vir weidingsgehalte tydens die oorgangstydperk tussen winter en somer.
Rosyntjiebedryf haal 100 000 ton merk
Het jy geweet ongeveer negentig persent van Suid-Afrika se rosyntjies word uitgevoer? Die bedryf het onlangs weer die 100 000 ton merk gehaal en ons gesels met Wessel Lemmer en Chantelle Kotzé van Raisins SA oor hierdie uitsonderlike prestasie.
Weidingsgehalte tydens oorgangstydperk
Augustus, September en Oktober word in die veebedryf as die sogenaamde ‘doodmaakmaande’ beskou. Dis ‘n uitdagende oorgangstydperk tussen winter en somer, waartydens weidingsgehalte dikwels nog swak is en moet herstel. Dr Josef van Wyngaard van Voermol Voere gee raad.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.