Wednesday, August 10, 2022

RSG Landbou: 28 Julie 2022 – geborg deur Vleissentraal

Lede van die Rooivleisprodusente-organisasie en die Nasionale Wolkwekersvereniging in die Oos-Kaap, het onlangs by die historiese Thomasrivier bymekaargekom. RSG Landbou-medewerker, Carin Venter, het die geleentheid bygewoon. Sy gesels onder meer met David Wardle oor die bewaringsgebied wat boere in daardie omgewing gevestig het.

Daarna is Charles van der Spuy, voorsitter van RPO Oos-Kaap, aan die woord en hy gee terugvoer oor die onlangse RPO/NWKV Oos-Kaapse byeenkoms.

Die onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande, en hoe dit landbou affekteer. Dié keer fokus hy op die La Niña-verskynsel.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Martin Campher van Keeversfontein Rooi Brangus vertel vir RSG Landbou-luisteraars oor wat kopers te wagte kan wees by hulle veiling.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Vleissentraal. Besoek gerus hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories