HomePodcastsRSG Landbou: 28 Februarie 2024 - geborg deur Pioneer

RSG Landbou: 28 Februarie 2024 – geborg deur Pioneer

Oud-Springbok, Hempies du Toit, plant met groot sukses vrugte en groente aan en hy verwys na sy benadering as eties-organies. Kom luister hoe hy in die Boland en op sy Karooplaas boer.

Ons gesels ook met Derek Gustafson van Kadash Chianina by Villiers oor sy uitverkoping.

Dan kyk ons saam met Izak Hofmeyr na internasionale landbougebeure.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week met trots deur Pioneer aan jou gebring.

Pioneer is ‘n internasionale saadmaatskappy met ‘n unieke kombinasie van kulture en tale. Die maatskappy plaas sterk fokus op navorsing, produksie en bemarking en streef daarna om die beste produkte in die mark te produseer. Vir meer as 95 jaar al ontwikkel en toets Pioneer produkte om plaaslike uitdagings die hoof te bied.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Swellendam-skou gaan van krag tot krag

Estimated reading time: 6 minutes Hierdie jaar het die Swellendam-skou 'n merkwaardige 192ste viering beleef. Dié skou spog met die grootste streekjeugskou in die...