RSG Landbou: 28 Februarie 2023 – geborg deur Plaas Media

Dit is reeds bekend dat daar vanjaar nie voldoende entstof vir bloutong beskikbaar is nie, maar wat is plan B? Prof Gareth Bath, ‘n bekende kenner van kleinveesiektes, gee raad hieroor in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Izak Klopper van die Nasionale Wolkwekersvereniging gesels met RSG Landbou-luisteraars oor ‘n spoedskeerkompetisie wat vanjaar vir die eerste keer by die Riversdal-skou aangebied is.

Dan moet lone-opgawes teen 31 Mei ingedien word, maar wat sluit die lone in wat produsente of besighede moet verklaar? Stephen Pietersen van Work Accident Support gee duidelikheid hieroor.

Daarna is Heinrich Victor van OVK op sy pos met die weeklikse wolmarknuus.  

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.