Vrotpootjie is ‘n dieresiekte wat met reën en nat grond geassosieer word. Hoe weet jy egter wanneer ‘n mank dier wel vrotpootjie het? Annelie van Deventer van Feedtek beantwoord hierdie vraag in Maandag se aflewering van RSG Landbou.

Die BKB Groep noteer in Maart op die Kaapstadse Aandelebeurs en Johan Stumpf verduidelik vir RSG Landbou-luisteraars hoe dié proses gaan werk, asook hoe die waarde van die aandele bepaal word.

Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar lekker veilingsnuus. Lise Roberts gee vir RSG Landbou-luisteraars ‘n opsomming van belangrike veilings wat binnekort plaasvind.

Daarna gesels Wiep Joubert op RSG Landbou oor die Ghaapseberg Boerbokveiling wat binnekort in Vryburg plaasvind.

Luister na hierdie onderhoude op RSG Landbou.




Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.