RSG Landbou: 28 Augustus 2023 – geborg deur Voermol

Waterregte en -lisensies is tans ‘n aktuele onderwerp van bespreking, veral in landbou. Boere wil weet watter waterregte op hul plase geregistreer is, vir watter aktiwiteite moet daar aansoek gedoen word en hoe lank neem ‘n waterlisensie-aansoek. RSG Landbou het aan Pieter van der Merwe, ‘n omgewingskonsultant, se deur gaan klop vir die antwoord op hierdie vrae.

Die somerreënvalgebiede is midde die brandseisoen. Mederwerker, Izak Hofmeyr, het by Bernard Habig van die Oos-Vrystaatse Brandbestrydingsvereniging gaan uitvind wat is die rol van die vereniging en wat die brandwet stipuleer.

Talle boere in die Memel-omgewing is genoodsaak om hul veilings elders aan te bied as gevolg van swak paaie. Philip Dreyer van Evenwyd Bonsmaras gesels met RSG Landbou-luisteraars oor sy belangstelling in die Bonsmara-ras en ook watter planne in plek is om hul komende veiling op 5 September aan te bied.

Pothou en Blema ba Khan het saam die ProGen Sussex-groep gestig. George Potgieter brei uit oor beide kuddes se prestasies by SA Stamboek se Elite-kompetisie en brei ook uit oor wat hul veiling van 31 Augustus op Parys inhou.  

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Voermol voere

Voermol Voere het vir meer as 60 jaar boere in staat gestel om hul vee strategies te voer vir maksimum rendement op hul belegging. Voermol produseer ’n volledige reeks kwaliteit melasse gebaseerde produkte wat wetenskaplik gebalanseer is. Hierdie produkte voldoen aan al die voedingsbehoeftes van herkouers tydens verskeie produksie stadiums en op alle weiding tipes. Die kern van die proses is die strewe na doeltreffende diere produksie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories