Jaco Burger van Wepener is onlangs as Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar aangewys. In Donderdag se aflewering van RSG Landbou vra ons hom uit oor sy boerdery, betrokkenheid by die gemeenskap en georganiseerde landbou.

Daarna kuier RSG Landbou se medewerker in die Oos-Kaap, Carin Venter in Richmond in die Karoo. Plaaskos of regte boerekos soos ‘n skaaptjoppie en boontjies met uie en aartappels, bly gewild. Stedelinge ry van heinde en verre op soek na plekke wat dit op hul spyskaart het. Die Vet Muis Plaaskombuis is ‘n Karoo-gunsteling. Carin gesels met Janine Viljoen en Tiekie Richards.

Johan van den Berg bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste weervooruitsigte.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Subtropico

Who is Subtropico?
Operating in a healthy group structure with an established marketing network and dedicated personnel, Subtropico is a leader in the fresh produce market agency business. Our main goal is to render an unprecedented service to all our producers. Our producers are our most valuable asset and this is reflected in our business philosophy.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebie