Een van die hoofoorsake van verliese by kuilvoer is die blootstelling aan lug. Jaco Faasen van Nutribase verduidelik wat gebeur met kuilvoer tydens blootstelling, maar daar is darem ‘n oplossing. Hy verskaf meer besonderhede hieroor in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.
Rooivleis het drie jaar gelede voedsel-inflasie gedryf, en nou is dit groente. Absa Agribesigheid het tydens Nampo Kaap hul ses-maandelikse Absa Agri Trends bekendgemaak en dr Marlene Louw brei uit oor die faktore wat die landbouprentjie in Suid-Afrika beïnvloed.
RSG Landbou-luisteraars kan gerus naderskuif vir ons maandelikse internasionale landbounuus met Izak Hofmeyr.
Luister nou na dié lekker onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.