Tuesday, December 16, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 27 Oktober 2025

RSG Landbou: 27 Oktober 2025

-

In vandag se RSG Landbou gesels ons oor landbou-opleiding en ons ontmoet Riaan Taljaard, ‘n finalis in die Graanprodusent van die Jaar-kompetisie.

Landbou-opleiding

Landbou-opleiding kom onder bespreking in vanoggend se RSG Landbou. Shaun Welmans van Agri Skills Transfer, gesels oor dié instansie se benadering tot opleiding asook die loopbaangeleenthede wat op studente wag wat die kursusse voltooi het.

Riaan Taljaard Graanprodusent van die Jaar-finalis

Riaan Taljaard van Hoopstad is ‘n finalis in vanjaar se Graan SA Graanprodusent van die Jaar-kompetisie. Hulle boer op ‘n tipiese Vrystaatse droëland-graanplaas en hy praat oor die boerdery en wat dit behels.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Chubby Chick: Verdagte aangekla vir dubbele moord

Estimated reading time: 3 minutes Die 73-jarige verdagte, wat verbind word met die Chubby Chick-skietvoorval vroeg in November, is steeds onder polisiebewaking in ’n hospitaal...