Die 2023 Voermol Beesboer van die Jaar is onlangs aangewys. Ons hoor in Maandag se RSG Landbou hoe Jason Caroll van die bekende Boschendal-plaas, sy swart-Angus-kudde bestuur.
Die belang van teelgeskiktheidstoetse as ‘n siftingsmetode om die risiko van die gebruik van bulle en ramme met lae vrugbaarheidseienskappe te verminder, kan nie onderskat word nie. Prof Dietmar Holm van die Universiteit van Pretoria brei hieroor uit.
Stephen Pietersen bespreek ook die belangrikheid van die finale sperdatum vir lone-opgawes wat slegs vir besighede is wat reeds hulle lone verklaar en ontvang het in 2023.
Luister nou na dié lekker onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Voermol voere
Voermol Voere het vir meer as 60 jaar boere in staat gestel om hul vee strategies te voer vir maksimum rendement op hul belegging. Voermol produseer ’n volledige reeks kwaliteit melasse gebaseerde produkte wat wetenskaplik gebalanseer is. Hierdie produkte voldoen aan al die voedingsbehoeftes van herkouers tydens verskeie produksie stadiums en op alle weiding tipes. Die kern van die proses is die strewe na doeltreffende diere produksie.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.