In vanoggend se RSG Landbou is Johan van den Berg terug met ons landbou-weervooruitsigte.
Die Clanwilliam-ekspo word sedert 1931 aangebied. Marindé Saayman brei uit oor dié geleentheid wat vanjaar vanaf 10 tot 12 April sal plaasvind.
Chris Derksen vertel ons wat dié week met vleispryse gebeur het.
Verder gee Arthur de Villiers terugvoer oor Bonsmara SA se Rooi Ras-geleentheid en AG Gene Bonsmara se 33ste produksieveiling van 9 April naby Vrede.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.





