Daar was die afgelope week aanduidings dat graanpryse skerp gaan styg, maar was dit die geval? Frans de Klerk gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou oor sagte kommoditeite.
Ons kuier ook op die plaas Rusoord naby Middelburg in die Karoo by Jannie en Marlize Moolman. Die Moolmanfamilie het ‘n ryk geskiedenis as merino-boere in dié omgewing.
Dan hoor ons by ‘n paar jongmense hoe hulle die Merino SA-adviseurskursus ervaar het.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Antrovet. Besoek gerus hulle webwerf hier.
At Antrovet, we believe that all South African Farmers, from the emerging farmer to the intensive producer, should have access to top quality, affordable products, backed by exceptional service and availablity. We strive to exceed customer expectations regarding service and to provide products that enhance the health of animals and productivity to the farmer.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.