RSG Landbou: 27 Julie 2023 – geborg deur Plaas Media

Pot, Pan en Deksel is op ‘n sloertoer deur die land. Dis drie Merino-ramme van Konsortium Merino en die trotse eienaar, Gawie van Heerden, vertel waarom hulle dié toer onderneem in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

‘n Gemengde rantsoen word verskaf aan diere wat totaal afhanklik is van voeding en dus geen toegang tot addisionele voerbronne het nie. Dis ‘n wetenskaplike formule en kan ‘n impak op produsente se winsgewindheid hê. Alheit du Toit van Feedtek gee raad.

Daarna bring Johan van den Berg RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste weervooruitsigte. Moet dit nie misloop nie.

Ons sluit die program met veilingsnuus af. Hendrik van Rensburg brei meer uit oor wat kopers te wagte kan wees by die gesamentlike veiling van HVR grys en rooi Brahmane, Renzo Brahmans, Optimum Cattle Company en Just Magnificent Breeds wat binnekort plaasvind.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories