Anton Vos van Subtropico is weer aan die woord in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Hierdie keer fokus hy op die lewendehawebedryf. Pryse van lewendehawe, die uitdagings met bek-en-klouseer en die veilingsbedryf kom onder bespreking.

In die tagtiger-jare is mikro-spuite algemeen deur besproeiingsprodusente gebruik en vandag praat almal van die waarde van drupbesproeiing. Maar hoe het die bedryf oor die afgelope 40 jaar ontwikkel? Etienne Erasmus, ‘n bekende in die plaaslike besproeiingsbedryf en besturende direkteur van Netafim SA het onlangs afgetree. Hy gesels met RSG Landbou-luisteraars hieroor.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Subtropico

Who is Subtropico?
Operating in a healthy group structure with an established marketing network and dedicated personnel, Subtropico is a leader in the fresh produce market agency business. Our main goal is to render an unprecedented service to all our producers. Our producers are our most valuable asset and this is reflected in our business philosophy.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.