HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 26 September 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 26 September 2023 – geborg deur Plaas Media

Daar is verskeie lusern-variëteite en soos enige ander gewas, word dit ook volgens die spesifikasies van die omgewing aangeplant. Neill van der Merwe van die saadmaatskappy, Barenbrug, gee raad oor lusernseleksie vir optimale opbrengs in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Dan het ons tydens Nampo Kaap met Dennis van der Merwe van Kubota gesels. Hy stap ‘n lang pad met die meganisasiebedryf in Suid-Afrika en is al 33 jaar by Nampo betrokke. Ons vra hom uit oor hoe landbou-uitstallings oor die jare verander het, die risiko’s by die aankoop van werktuie en of dit ‘n goeie tyd is om nou aan te koop.

Die pas-afgelope aflewering van Nampo Kaap spog met ‘n bywoningsyfer van meer as 35 000. Dit is ‘n nuwe rekord, en is 3 000 meer is as verlede jaar se rekordbywoning. Nampo Kaap was vanjaar van 13 September tot 16 September by Bredasdorp gehou. Altesaam 520 maatskappye het hul produkte en dienste op 650 standplase uitgestal. Toit Wessels deel ‘n paar hoogtepunte met die RSG Landbou-luisteraars.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 6 Desember 2023 – geborg deur Plaas Media

Die Boran-beesras kom vandag op RSG Landbou onder bespreking. Ons gesels met Christopher Havenga van die Boran-beestelersgenootskap en hoor ook by Johannes Muller van...