In Dinsdag se aflewering van die program kuier ons weer saam met RSG Landbou se medewerker, Carin Venter, by die Komga-skou. Sy gesels met Coert Jordaan oor die beesrasse en wild in die omgewing. Daarna is Monica Rieks aan die woord. Sy lei al vir 21 jaar werkers op en wys skoliere hoe om groente te plant. Peter Tessendorf en Lionel Whittle, van die Oos-Londen Pluimveevereniging vertel watter spesies pluimvee op skou was en brei uit oor die aktiwiteite van die vereniging.
Daar is óók veilingsnuus. Carel Chalmers van Au Albidus vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor hulle veiling wat binnekort plaasvind.
Daar is ook nuus vir die wolbedryf – wolveilings vind weer weekliks plaas. Heinrich Victor van OVK bring ons op hoogte van sake wat die uitvoer van wol betref, asook die pryse wat by die jongste veiling behaal is.
Luister nou na hierdie lekker onderhoude.
Who is SOILL?
Delivering quality products that inspire people everywhere to eat and live well.
The mission of SOILL is to be a profitable and sustainable leader in the development and production of high quality healthy products in the edible oils industry. We earn the loyalty and respect of discerned customers through consistent product excellence and by providing customer service of the highest standards. We add value to the agricultural industry through technological innovation. We care for the environment and well-being of all by producing products that promotes healthy living in an ecologically friendly manner.
We strive to uplift the community and to build a prosperous workforce.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL. Besoek gerus hulle webwerf hier.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.