Wednesday, December 7, 2022

RSG Landbou: 26 Oktober 2022 – geborg deur SOILL

Die kanolabedryf toon merkwaardige groei en ten spyte van min reën, was daar in sekere streke uitstekende oeste. Johan Pyper van Southern Oil gee terugvoer hieroor in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

Ro’an van Tonder, ‘n jong beesboer in die Vrystaat, wat ook by Meerkat-aanlyn betrokke is, is nou ook ‘n nuwe toetreder tot die teelbedryf met sy Afrika Droughtmasters. Hy deel sy storie met RSG Landbou se medewerker, Christal-Lize Muller.

Villiersdorp Landbouskou vier vanjaar hul 100ste bestaansjaar. Medewerker, Hugo Lochner het dié skou bygewoon en met die president, Edu Roux, gesels oor die skou se geskiedenis.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude.

Who is SOILL?

Delivering quality products that inspire people everywhere to eat and live well.

The mission of SOILL is to be a profitable and sustainable leader in the development and production of high quality healthy products in the edible oils industry. We earn the loyalty and respect of discerned customers through consistent product excellence and by providing customer service of the highest standards. We add value to the agricultural industry through technological innovation. We care for the environment and well-being of all by producing products that promotes healthy living in an ecologically friendly manner.


We strive to uplift the community and to build a prosperous workforce.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL. Besoek gerus hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories