Tuesday, June 28, 2022

RSG Landbou: 26 Mei 2022 – geborg deur ABE Biotech

Kuier gerus Donderdag saam met RSG Landbou by Nampo-oesdag 2022. Ons gesels onder meer met Gernie Botha van Vrystaat Landbou. Ons vind ook meer uit oor die herstel van hommeltuie, die Eben Dönges Laerskool van Bothaville vertel van hul betrokkenheid by Nampo en ons het ook die Minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr Ivan Meyer, raakgeloop.

Die onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande, en hoe dit landbou affekteer.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur ABE Biotech.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Popular stories