Lede van die rooivleisbedryf het in 2020 ‘n visie opgestel. Dis drie jaar later en wat is bereik? Corine Steyn van die Rooivleisprodusente-organisasie gee terugvoer hieroor in Maandag se aflewering van RSG Landbou.
Volgens die SA Landboumasjienerievereniging gaan trekkerverkope daal. Tallie Giessing verskaf die jongste inligting oor trekker-en stroperverkope.
Tydens Merino SA se adviseurskursus op Middelburg in die Karoo het dr Willem Olivier van Grootfontein Landboukollege die merino-plan verduidelik en RSG Landbou-luisteraars kan hoor wat hy daaroor te sê het.
Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar ook veilingsnuus.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Antrovet. Besoek gerus hulle webwerf hier.
At Antrovet, we believe that all South African Farmers, from the emerging farmer to the intensive producer, should have access to top quality, affordable products, backed by exceptional service and availablity. We strive to exceed customer expectations regarding service and to provide products that enhance the health of animals and productivity to the farmer.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.