HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 26 Julie 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 26 Julie 2023 – geborg deur Plaas Media

Selenium en die voordele van organiese selenium by dierevoeding kom onder bespreking in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Volgens dr Johann Stadler van Antrovet neem die gewildheid van dié spoorelement toe. Al meer voedingsmaatskappye besef watter voordele dit inhou.

Dis weer die tyd van die jaar wanneer SAMIC produsente vereer vir die kwaliteit van hul karkasse wat ingeskryf word vir dié maatskappy se jaarlikse kompetisie. Rudi van der Westhuizen vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor.

Daarna gesels Martin Campher van Keeversfontein Rooi Brangus oor hul veiling van 3 Augustus wat naby Vrede plaasvind.

Ons sluit vandag se program af met lekker internasionale landbounuus.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

It is almost time for the annual GSSA congress

Estimated reading time: 4 minutes The 59th Annual Congress of the Grassland Society of Southern Africa (GSSA) is set to be a landmark event...