Wednesday, September 11, 2024

RSG Landbou: 26 Januarie 2023 – geborg deur Plaas Media

RSG Landbou en Richardt Venter van AgSci Unlimited is besig met ‘n reeks oor kuilvoerproduksie in die verskillende provinsies. In Donderdag se aflewering van die program, kuier ons in die Oos-Kaap – die provinsie met die langste kuilvoerseisoen.

Die 10-jarige Katrien van Wyk van Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai, het tydens die Wes-Kaap Jeugskoukampioenskap dié beste skoumantoekenning vir 2022 ontvang. Sy gesels met RSG Landbou-luisteraars oor haar betrokkenheid by die jeugskou, haar prestasie en wat die eienskappe van ‘n goeie skouman is.

Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf ervaar tans groot druk. Bykans 40% van ons plaaslike produsente is nie winsgewend nie. Rico Basson van Vinpro gesels op RSG Landbou hieroor.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories