HomePodcastsRSG Landbou: 26 Februarie 2024 - geborg deur Pioneer

RSG Landbou: 26 Februarie 2024 – geborg deur Pioneer

Wat is die verskil tussen grondpotensiaal en vrugbaarheid? Pieter de Wet van Pioneer Saad gesels oor belangrike faktore wat in ag geneem moet word as deel van ‘n produsent se mieliebemestingsprogram.

Een van die oudste landbouskoue in die land is die Swellendam Landbouskou wat in 1832 gestig is. Dis amper tyd vir dié skou in die pragtige Suid-Kaap en Suzanne Smit vertel ons meer.

Daar is soos altyd ook veilingsnuus.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week met trots deur Pioneer aan jou gebring.

Pioneer is ‘n internasionale saadmaatskappy met ‘n unieke kombinasie van kulture en tale. Die maatskappy plaas sterk fokus op navorsing, produksie en bemarking en streef daarna om die beste produkte in die mark te produseer. Vir meer as 95 jaar al ontwikkel en toets Pioneer produkte om plaaslike uitdagings die hoof te bied.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Landbou-innovasie en gemeenskapsgees: ‘n Blik op die Upington-landbouskou

Estimated reading time: 2 minutes Die Upington-landbouskou het vanjaar weer 'n skatkis van verrassings en landbou-aktiwiteite gebied. Besoekers kon deelneem aan 'n verskeidenheid geleenthede,...