- Die vloede in KwaZulu-Natal het ‘n direkte impak op landbou. Agbiz, BUSA en Transnet werk saam om die probleme wat die infrakstruktuur soos hawens, paaie en spoorvervoer veroorsaak, aan te spreek. Wessel Lemmer van Agbiz Grain verskaf meer besonderhede hieroor in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.
- Middelburg in die Karoo bied in Junie vanjaar hul eerste wolfees aan. Vyf boervroue van die omgewing het met dié idee vorendag gekom en Yolandi Erasmus gesels met RSG Landbou-luisteraars hieroor.
- Met die finansiële uitdagings wat boere tans in die gesig staar, is die aankoop van die regte werktuie en implemente nie altyd ‘n maklike taak nie. Dennis van der Merwe van Kubota SA gee raad op RSG Landbou.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Subtropico
Who is Subtropico?
Operating in a healthy group structure with an established marketing network and dedicated personnel, Subtropico is a leader in the fresh produce market agency business. Our main goal is to render an unprecedented service to all our producers. Our producers are our most valuable asset and this is reflected in our business philosophy.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.