Die Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat het onlangs strategiese samewerkingsooreenkomste met ander rolspelers gesluit om, deur ‘n gesamentlike fokus, die uitdagings met veediefstalvoorkoming, te oorkom. Prof Andries Raadt brei hieroor uit.
Ons gesels ook met André Myburgh van die TWK Groep oor hul jongste finansiële resultate wat verlede week bekendgestel is.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.