Sunday, May 28, 2023
HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 25 Mei 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 25 Mei 2023 – geborg deur Plaas Media

Tydens RSG Landbou se besoek aan Nampo het ons by leerlinge van Hoërskool Wagpos naby Brits, en Landbou-ingenieurstudente van die Noordwes Universiteit gehoor wat hulle ervaring van vanjaar se oesdag was. Divan Papenfus van Agri-Alert gesels oor die ontwikkeling van plaasveiligheidstegnologie. Luister nou na al dié lekker onderhoude in Donderdag se aflewering van die program.

Verder bied die Sernick Groep op 2 Junie hul 45ste produksieveiling aan. Nick Serfontein praat hieroor en deel ook ‘n paar gedagtes oor Nampo.

Johan van den Berg is weer terug op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Wes-Kaap Jongboer van die Jaar: Só lyk die kandidate

Estimated reading time: 4 minutes Sewe kandidate het op 23 Mei aanbiedings voor ‘n span beoordelaars tydens die Agri Wes-Kaap/Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie...