Tuesday, June 28, 2022

RSG Landbou: 25 Mei 2022 – geborg deur ABE Biotech

Rou sojabone en sojaboon-oesreste kan baie doeltreffend as ‘n voedingsbron vir herkouers gebruik word, maar met omsigtigheid. Esmari Rautenbach van Feedtek verduidelik in Woensdag se aflewering van RSG Landbou wat sy hiermee bedoel.

Dr Gerhard Verdoorn van CropLife SA het tydens die RuVASA-kongres gewaarsku dat daar ‘n toename in die gebruik van ongeregistreerde veemedisyne is. Carin Venter gesels met hom hieroor.

Poggenpoel Bonsmaras besit die oudste Bonsmara-genetika in Suid-Afrika. Kobus Poggenpoel gesels met RSG Landbou-luisteraars oor hul geskiedenis en wat tydens die veiling aangebied word.

Daarna is Eddie Visser van CBD African Infusion aan die woord. Hy verduidelik wat wetgewing voorskryf oor die hoeveelheid kannabis wat in produkte gebruik kan word.

Luister nou na hierdie onderhoude.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur ABE Biotech.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Popular stories