HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 25 Julie 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 25 Julie 2023 – geborg deur Plaas Media

Christi van den Heever, oorspronklik van Namakwaland en tans landgoedbestuurder van Rietfontein in die Koue Bokkeveld, is in Junie aangewys as Agri Wes-Kaap se jongboer vir 2023. Vrugteboerdery is sy passie en hy vertel in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou hoe hy deurgaans planne maak om die vrugte teen wind en weer te beskerm.

Volgens Stephen Pietersen van Work Accident Support, is daar tans sowat 25 000 produsente wat by die Vergoedingsfonds geregistreer is, maar nie hul lone jaarliks verklaar nie. Administrasieboetes is van toepassing en ons hoor hoe boere dit kan voorkom.

Enrico Cronjé van Huntersvlei Sussex vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor hul veiling wat op 2 Augustus plaasvind.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Cream of the crop recognised during yield competition

Estimated reading time: 2 minutes The best of the best was recently crowned at Grain SA’s Grow for Gold Awards ceremony held in Johannesburg....