Die uniekheid van die Ankole-beesras het vir Dail van Rensburg 22 jaar gelede beïndruk en vandag is hy een van Suid-Afrika se voorste telers. Hy gesels met Christal-Lize Muller in Woensdag se aflewering van RSG Landbou oor sy benadering en die rol van Afrika-beesrasse. Dié ras is veral bekend vir sy majestueuse horings.
Agri Noordwes rus nie op sy louere as dit kom by sy lede en om in hul belang op te tree nie. Willem de Chavonnes Vrugt is dié lede-organisasie se president. Medewerker, Christal-Lize Muller, gesels met hom oor hulle planne vir 2023 en hoe hulle die vele landbou-uitdagings aanspreek.
Dan bied die Dohne Merino Telersgenootskap op 15 Februarie hul nasionale veiling aan. Dr Kobus Delport van die Dohne-Merino Telersgenootskap is aan die woord. Hy brei uit oor wat kopers by die nasionale veiling kan verwag.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.