Monday, October 3, 2022

RSG Landbou: 25 Augustus 2022 – geborg deur Elanco Animal Health

Sneeu het die afgelope week wyd verspreid voorgekom. Beteken dit die winter is laat? Johan van den Berg beantwoord dié vraag in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Een van Samic se rolle is om abattoirs wat buite die wet optree, vas te vat. Opleiding word aan lede van die polisie wat aan ‘n veediefstaleenheid verbonde is, gegee. Dié twee lede van die Wes-Kaapse Veediefstaleenheid is onlangs hiervoor vereer. RSG Landbou gesels met hierdie twee lede.

Pieter Meyer, van ZI Meyer-boerdery, Lovedale, brei uit oor die doel van hul genetiese sentrum.

Die mesquite-boom is ‘n indringer-doringboom en sy peule word lank reeds as veevoeding aangewend. Brandt Coetzee van MannaBrew verduidelik hoe die peule en bone gemaal word en as koffie geniet word.

Willem van der Walt, voorsitter van die Springbokvlakte-boerevereniging, vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor hoe die gemeenskap saam staan en self paaie in Settler-omgewing herstel.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories