Wanneer landbouers hul stem uitoefen tydens die 2024 nasionale verkiesing, moet hul een ding in gedagte hou, en dit is voedselsekerheid. So sê Christo van der Rheede van Agri SA in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.
Aartappels SA vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat in Maart met die aartappelmarkte gebeur het.
Daarna is Heinrich Victor van OVK weer terug op sy pos met die jongste wolnuus.
Dan was Joubert van der Merwe van Biedouw Boerbokstoetery een van die aanbieders van ‘n Boerbok-inligtingsdag by die Clanwilliam-skou. Dit is veral op nuwe toetreders gemik en hy gesels op RSG Landbou meer oor wat die dag behels het.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.