Anton Vos van Subtropico is eerste aan die woord in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Hy gesels oor hulle piesangrypmaakfasiliteit by die Tshwane Varsproduktemark.

RSG Landbou kuier ook in die Oos-Kaapse dorp, Ugie. Carin Venter het meer oor dié dorp se boedery-aktiwiteite gaan uitvind.

Dr Gerhard du Toit van SA Olive kuier weer in die ateljee en hierdie keer vertel hy luisteraars oor produksie asook watter praktyke vir die olyfprodusent belangrik is.

Lise Roberts bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte met die jongste veilingsnuus.

Manie Botha, eienaar van Komati Vallei Bonsmara, brei uit oor die aanbod van hulle tweede produksieveiling wat binnekort plaasvind.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

Who is Subtropico?
Operating in a healthy group structure with an established marketing network and dedicated personnel, Subtropico is a leader in the fresh produce market agency business. Our main goal is to render an unprecedented service to all our producers. Our producers are our most valuable asset and this is reflected in our business philosophy.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Subtropico

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.