In vandag se RSG Landbou is daar meer oor hoe om die regte laboratorium vir ontledings te identifiseer, dr Danie Odendaal gesels oor inentingspraktyke op plaasvlak en ons vind meer uit oor die plaaslike wol- en bokhaarbedryf.
Kies die regte laboratorium vir ontledings
Laboratoriumontledings is iets waarvan die meeste mense nie genoeg kennis dra nie en dit is soms ‘n ingewikkelde taak om die regte laboratorium vir hierdie doel te identifiseer. Dr Elrisa Taljaard van Labworld deel ‘n paar wenke.
Inentingspraktyke op plaasvlak
Rooivleisbedryfsdienste (RMIS) bestuur onder meer die rooivleisbedryf se navorsingsbegroting. Een van die projekte wat tans aandag geniet, is inentingspraktyke op plaasvlak. Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk dien op die paneel en hy vertel ons meer.
Plaaslike wol- en bokhaarbedryf
Ons praat ook met Jacques le Roux van OVK oor die plaaslike wol- en bokhaarbedryf wat op hierdie stadium in ‘n beter posisie is as ‘n paar jaar gelede.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.





