Probleme met infrastruktuur, verhoogde insetkoste en invoertariewe het ook ‘n impak op die veevoervervaardigersbedryf in Suid-Afrika. AFMA is die liggaam wat hul beywer om te verseker dat die bedryf ten volle funksioneer, werk skep en ook groei. Anina Hunter gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou met ons oor hul strategie vir die volgende twee jaar.
Volgens voorspellings word nog baie reën vir die somerreënvalgebiede verwag. Ons hoor wat Johan van den Berg hieroor te sê het.
Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Frans de Klerk, ‘n onafhanklike analis, vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor beleggings in kriptogeldeenhede.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
Who is Hygrotech?
Our mission is to continuously and pro-actively identify and evaluate the needs of all current and potential clients regarding vegetable seed, as well as related and supporting products and shall strive to satisfy such needs within acceptable norms. Sell quality products, if possible on an exclusive basis, through trained and experienced staff, supported by systems and procedures acceptable to clients and HYGROTECH. Expand the market by recruiting and retaining quality clients in our market segments by way of goal-driven marketing, primarily based on direct selling. Offer our products at a competitive price to our clients, assuring an acceptable growth and profit to HYGROTECH.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Hygrotech. Besoek gerus hulle webwerf hier.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.