’n Hoenderboerdery verg groot beplanning. Janine dos Santos van Noorsveld Chickens vertel vir Carin Venter, RSG Landbou se medewerker, hoe pa Gerrit met die hoenderboerdery in die Jansenville-distrik begin het in Woensdag se aflewering van dié program.
Daarna is Willie Jacobs van Aartappels SA aan die woord. Hy verduidelik waarom die invoer van gesubsidieerde aartappelskyfies ’n kopseer bly vir die plaaslike aartappelbedryf.
Wanneer nuwe reëls wat onlangs afgekondig is in werking tree, sal veeartsverpleegsters hul eie praktyke kan begin. Erika Bornman gesels met RSG Landbou-luisteraars oor die voordele hiervan asook oor die beroep in die algemeen.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.