Tuesday, June 28, 2022

RSG Landbou: 24 Mei 2022 – geborg deur ABE Biotech

Bunkers is waarskynlik een van die oudste kuilvoerbergingsmetodes. Richardt Venter van AgSci Unlimited gee in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou raad hieroor.

Willem van Jaarsveld van die Nasionale Dieregesondheidsforum vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat ‘n biosekuriteitsoudit behels.

Watter aspekte is belangrik wanneer ’n ram vir ’n kudde aangekoop word? RSG Landbou se streeksverteenwoordiger in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, gesels met Johan Swart, ’n Dormerstoetboer van Swellendam.

En het jy al gehoor van jenewer wat met eike geïnfuseer is? Lise het by die SA Kaasfees meer hieroor gaan uitvind.

Wolveilings het hervat en Heinrich Victor van OVK vertel vir RSG Landbou-luisteraars watter pryse by die laaste veilings behaal is.

Luister nou na hierdie onderhoude.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur ABE Biotech.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Popular stories