Wanneer mens ‘n nuwe boerdery of besigheid wil begin, is die keuse van ‘n besigheidstruktuur baie belangrik. Marese Lombard van die Universiteit van die Vrystaat se Skool vir Rekeningkunde gesels in Vrydag se aflewering van RSG Landbou hieroor.

Volgens Agri Wes-Kaap, is die kwessie rondom buitelandse werknemers wat op plase in diens geneem word, nie landbou se verantwoordelikheid nie, maar wel dié van die staat en werkgewers. RSG Landbou gesels met Jannie Strydom hieroor.

Gerhard Schutte, voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum, bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte rakende die bek-en-klouseer uitbreking.

Die onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit op landbou affekteer.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.





Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.