HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 24 Julie 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 24 Julie 2023 – geborg deur Plaas Media

Jakkalse en rooikatte bly honger. Die Nasionale Wolkwekersvereniging het daarom in 2008 ‘n predasie-navorsingsprojek van stapel gestuur. 27 plase regoor Suid-Afrika is tans deel van dié projek en ons hoor by Niël Viljoen van Predasiebestuur Suid-Afrika wat dié navorsing tot dusver opgelewer het – in Maandag se aflewering van RSG Landbou.

Riaan Odendaal van Odensim Simmentalers brei uit oor hul veiling van 1 Augustus en waarna kopers kan uitsien.

Daarna waarsku die onafhanklike tegniese analis, Frans de Klerk, dat boere nou die rand moet dophou – veral boere wat in sagte kommoditeite belê.

Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar ook veilingsnuus.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Lloyd Short: Optimale ontwikkeling is die sleutel tot sukses

Estimated reading time: 6 minutes Veeplaas het, tydens ‘n onlangse besoek aan die area, by Borden Angoras se plaashek ingedraai. Hier woon en werk...