Friday, February 3, 2023

RSG Landbou: 24 Januarie 2023 – geborg deur Plaas Media

Volhoubaarheid, naspeurbaarheid en dierewelsyn is deel van die RWS-standaarde waaraan wolprodusente moet voldoen en volgens Heinrich Victor van OVK is dit hier om te bly. Hy verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars in Dinsdag se aflewering van program hoe die standaarde ontstaan het, wat dit behels en hoe produsente gemeet word.

Wolveilings het ook weer afgeskop en die bekende Heinrich Victor van OVK bring RSG Landbou-luisteraars weer op hoogte met die jongste wolmarkverslag, asook die invloed van internasionale markte.

Willie Clack, wat eersdaags uittree as voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, gesels verder oor sy veediefstalnavorsing en meer spesifiek onder boere in die Noordwes. Dié navorsing sal ook in ‘n boek vervat word.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories