In vanoggend se RSG Landbou gesels ons met Roelof le Roux van Pioneer Saad oor mielie-bestuiwing. Hy verduidelik onder meer wanneer bestuiwing plaasvind en hoe ons verseker kan wees die mieliekop is bestuif.
Die Langspruit Boerevereniging bied op 18 Maart hul derde beesdag aan en Francois Scholtz vertel ons meer.
Dan is Hans van Schalkwyk by vanjaar se Victoria-Wes Skou as spoedskaapskeerkampioen aangewys. Ons vind uit waar hy dié vaardigheid aangeleer het.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.




