RSG Landbou: 24 Augustus 2023 – geborg deur Brahman Beestelersgenootskap

Suid-Afrika is ‘n land van meer geleenthede as probleme. Dit was die woorde van Tommie van Zyl van die bekende boerderybesigheid, ZZ2, tydens vanjaar se IFPA-konferensie in Kaapstad. Hy het kongresgangers ingelig oor die geleenthede in Suid-Afrika, die behoefte aan desentralisasie en ook die konsep van “Natuurboerdery” wat ZZ2 die afgelope 20 jaar toepas.

Lente is om die draai. Kan ons uitsien na warmer weer en hoe lyk reënvooruitsigte vir ons somersaaigebiede? Johan van den Berg bring ons op hoogte met die jongste weervooruitsigte.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Daar is ook veilingsnuus. Johan Goosen brei uit oor waarna kopers kan uitsien by die G10 Bonsmara-produksieveiling wat binnekort in die Aliwal-Noord-omgewing plaasvind.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman Beestelersgenootskap.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories