Tuesday, March 28, 2023

RSG Landbou: 24 Augustus 2022- geborg deur Elanco Animal Health

In Woensdag se aflewering van RSG Landbou, fokus ons op die akkuraatheid van chemiese bespuiting. ‘n Groot tekortkoming tot nou was dat daar nie ‘n doeltreffende manier was om te bepaal of die aktiewe bestanddeel van die chemiese middels wel die natuurlike oppervlakte van die teiken bereik nie. Marius Ras van Dropsight het ‘n oplossing hiervoor ontwikkel. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor.

Dan kuier ons saam met Koos du Pisanie op Williston. Hy het by een van Samic se nasionale karkaskompetisie-funksies met ‘n paar van die deelnemers gesels.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike analis, vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die huidige koringprys.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories